Ons is ongelooflik tevrede met hierdie dinamiese, Christelike Laerskool vir ons 3 uiteenlopende kinders.
Garsies het ‘n reuse persooneelkorps wat betekende dat daar baie hande is om te help en om te gee. Die hoof en sy bestuurspan is toeganklik en deeglik. 90% van die onderwysers is werklik gedrewe om die kinders eerste te stel. Soos in slle aspekte van die lewe kom ons en ons kinders nie noodwendig met 10% van onderwysers klaar nie, maar dit bly ook ‘n goeie leerskool.
Daar is ‘n magdom geleenthede en jou kind sal verseker sy/haar plekkie kry.
Sport is kompeterend en geskied in ‘n goeie gees.
Fantastiese kultuur geleenthede, gedryf deur passievolle onderwyseresse.
Akademie is eerste prioriteit en daar word moeite gedoen met ekstra klasse en individuele aandag indien dit versoek word.
Laerskool Garsfontein is ‘n laerskool waar die hoof se deur oopstaan vir ouers en kinders!
Kinders word na die beste van hul (die skool) se vermoë geakkommodeer, ongeag finansiële en etniese agtergrond. Garsies bestaan uit 2000+ kinders en tog streef die onderwysers om kinders spesiaal en geliefd te laat voel binne ‘n baie georganiseerde struktuur. Vir so ‘n groot skool verloop dinge seepglad en bly hul kompeterend binne die Pretoria.
‘n Laerskool met ‘n hartklop!!! Garshand staan behoeftige kinders en gesinne by.
SchoolParrot is a review site for schools. We are a company that believes in more transparency within schools. Our platform is open to all users. Read about SchoolParrot and our company
Reviews are published in real-time without moderation and we want to encourage our users to provide constructive feedback and keep a serious tone. The responsibility lies with the user. Read our review guidelines
Garsies het ‘n reuse persooneelkorps wat betekende dat daar baie hande is om te help en om te gee. Die hoof en sy bestuurspan is toeganklik en deeglik. 90% van die onderwysers is werklik gedrewe om die kinders eerste te stel. Soos in slle aspekte van die lewe kom ons en ons kinders nie noodwendig met 10% van onderwysers klaar nie, maar dit bly ook ‘n goeie leerskool.
Daar is ‘n magdom geleenthede en jou kind sal verseker sy/haar plekkie kry.
Sport is kompeterend en geskied in ‘n goeie gees.
Fantastiese kultuur geleenthede, gedryf deur passievolle onderwyseresse.
Akademie is eerste prioriteit en daar word moeite gedoen met ekstra klasse en individuele aandag indien dit versoek word.
Hier word gebid, gelag en geleer!!